Page 5 - News_Combine_v3
P. 5

Pretoria se eie Spiderman draf binnekort tot in Lüderitz

         2 Maart 2018 (https://maroelamedia.co.za/2018/03/02/)

          Esté Meyer Jansen (https://maroelamedia.co.za/author/este/)
       (https://maroelamedia.co.za/wp-content/uploads/2018/03/eric-nefdt-
       spiderman.jpg)

         Eric Nefdt is Pretoria se eie Spiderman en wil nou ‘n avontuur Lüderitz toe aanpak om die
                   kollig op orgaan- en weefselskenking te plaas. Foto: Facebook.
       Eric Nefdt (32) gaan binnekort die langpad van die Jakarandastad na
       Lüderitz, Namibië, te voet in sy Spiderman-pak aandurf.



       Dié eiendomsagent en pa van twee beplan om die avontuur binne 40 dae
       af te lê en doen dit om die kollig op die groot behoefte aan orgaan- en
       weefselskenkers in Suid-Afrika te werp.



       Nefdt het inwoners van Centurion en Pretoria se oostelike voorstede
       sedert 2016 behoorlik gaande gehad toe hy begin het om in die volle
       mondering van die gewilde superheld vir marathons te oefen.


       Hy het toe begin draf om mense bewus te maak van hartsiektes in
       kinders en het geld vir die 3-jarige Elisa Ingoglia van Kaapstad ingesamel. Ingoglia is met ʼn hartsiekte gebore
       en het haar eerste hartoperasie ondergaan voor sy drie dae ou was.



       “Ek wou net so graag ʼn verskil maak. As ʼn pa het ek verstaan hoe hulle voel. My jongste seun is ook met ʼn
       hartprobleem gebore. Die bekommernis waardeur ʼn mens as ouers gaan as jy dit hoor, is onmoontlik om te
       beskryf,” het Nefdt gesê.


       Nadat die Nefdt-gesien langer as twee maande moes wag om een van die min beskikbare spesialiste te sien

       het die dokter gelukkig gesê sy seun, Leo-Kevin, het ʼn gaatjie in sy hart, maar dit behoort vanself te herstel
       soos wat hy ouer word.


       Nefdt het egter besef dat hy steeds ander mense wil en kan help. “Die hele spinnekop-ding gaan daaroor dat
       enige iemand eintlik ʼn verskil kan maak. Almal kan skenkers wees, al het hulle nie altyd geld om te gee nie.
   1   2   3   4   5   6   7   8   9   10