Page 7 - News_Combine_v3
P. 7

Sy sê daar is nog baie onkunde en mites wat orgaan- en weefselskenking betref. “Een mite wat dikwels geglo
       word, is dat ʼn dokter jou sal laat sterf om jou organe en weefsel te kry, maar eintlik moet twee spesialiste
       buiten jou eie dokter jou breinstamdood verklaar voordat ʼn orgaanskenking ná jou dood kan plaasvind.
       Skenkers word ook nie betaal vir die organe of weefsel wat hulle skenk nie.”



       Samantha Nicholls, uitvoerende direkteur van die Stigting vir Orgaanskenkers, het onlangs aan Maroela
       Media gesê meer as 4 300 mense is op die waglys vir ʼn orgaanoorplanting.


       “Ons is in dié stadium teleurgesteld in die land se passiwiteit, apatie en gebrek aan belangstelling. Dis baie
       maklik om jou oë te sluit vir die duisende mense wie se lewens moontlik deur orgaanskenking gered kan

       word,” sê sy.


       Jooste Vermeulen, kommunikasiedirekteur vir die stigting, sê daar is tans sowat 241 000 Suid-Afrikaners as
       orgaanskenkers geregistreer. Volgens Vermeulen is twee derdes van dié skenkers vroue wat hoofsaaklik in
       Gauteng en die Wes-Kaap woon. “Die stigting het so vier jaar gelede begin om dié databasis van skenkers
       saam te stel. Ons grootste bekommernis is hoofsaaklik ʼn tekort aan manlike skenkers, en in provinsies buiten
       Gauteng en die Wes-Kaap wat nie noodwendig dieselfde hoeveel skenkers oplewer nie,” sê hy.



       241 000 geregistreerde skenkers beteken minder as 1% van Suid-Afrika se bevolking is as orgaanskenkers
       geregistreer – dít terwyl ʼn oorgaanskenker die lewens van sowat 50 mense ingrypend kan verander of in baie
       gevalle ook ʼn lewe red.


           Vir meer inligting oor die Stigting vir Orgaanskenkers, besoek hul amptelik webwerf (https://www.odf.org.za/).

           Lesers kan vir Eric op sy Facebook-blad (https://www.facebook.com/diespinnekop/), Instagram
           (https://www.instagram.com/diespinnekop/?hl=en) of Twitter (https://twitter.com/erickevinnefdt) volg indien
           hulle meer van sy avonture wil weet of hom tot in Lüderitz wil volg.




       Deel van: Goeie nuus (https://maroelamedia.co.za/kategorie/goeiegoed/goeie-nuus/), SA-nuus
       (https://maroelamedia.co.za/kategorie/nuus/sa-nuus/)
         Namibië (https://maroelamedia.co.za/tag/namibie/)


         orgaanskenking (https://maroelamedia.co.za/tag/orgaanskenking/)

         Pretoria (https://maroelamedia.co.za/tag/pretoria/)














    (http://spens.co.za/adakademiastatiesaansoeke2019kliek)

       ondersteun maroela media só
   2   3   4   5   6   7   8   9   10   11   12