Page 6 - News_Combine_v3
P. 6

“Kyk, ek is net ʼn eiendomsagent, maar ek wou nog nooit net as ʼn agent gesien word of in ʼn boksie geplaas
       word nie. Ek wil hê mense moet kan sien ek is ʼn plat op die aarde ou en as ék ʼn verskil kan maak, kan enige
       iemand anders dit ook doen.”


       Nou pak die Spinnekop van Pretoria sy grootste avontuur nóg aan. Op 1 Julie gaan hy probeer om die 1 500

       km in sy Spiderman-pak binne bietjie meer as ʼn maand kaf te draf.


       “Dit sal wees asof ek elke dag ʼn marathon hardloop met een rusdag per week, maar ek werk nie noodwendig
       teen tyd nie, dit is veel belangriker dat ek beserings vryspring en ʼn gemaklike pas handhaaf.”



       Nefdt het ʼn  lmspan wat hom sal ondersteun en saam met hom die reis sal meemaak. Hy hoop dat sy
       avontuur later as ʼn televisiereeks uitgesaai sal word.


       (https://maroelamedia.co.za/wp-content/uploads/2018/03/eric-nefdt-
       spiderman-02.jpg)
         Eric Nefdt, Pretoria se eie Spinnekop, in aksie tydens verlede jaar se Comrades-marathon.
                                      Foto: Facebook.

       Op die vraag oor hoekom Nefdt nou juis besluit het om na Lüderitz in
       Namibië te draf, het hy gesê dit is net een van daardie plekke wat hy nog

       altyd graag wou sien.


       “Ek het my seiljaglisensie gedoen en die planne om na Lüderitz te vaar
       het deur die mat geval; vandaar was dit nog altyd ʼn droom om Namibië te
       sien en om in die woestyn onder die sterreruim te slaap. Verder het ek
       ook nog net altyd goeie goed van die mense van Namibië gehoor.”



       Hy het verlede jaar ook reeds die Comrades-marathon in sy Spiderman-
       pak voltooi. Toe hy boonop uitvind die vroue-wenner van die 2017
       Comrades, Camille Herron, het ʼn Guinness-wêreldrekord opgestel vir die
       persoon wat die vinnigste marathon in ʼn superheldpak afgelê het – het Nefdt besluit hy moet die rekord
       eenvoudig verbeter.



       Dit is egter die stories van kinders soos Ruby Ballack wat voor haar 16de verjaardag dood is terwyl sy vir ʼn
       hartoorplanting gewag het en dié van jong Chris Truter wat in Februarie vanjaar ʼn suksesvolle
       hartoorplanting gehad het nadat ʼn hart beskikbaar geword het, wat Nefdt  naal tot aksie oorgehaal het.


       Julie Purkis, ʼn woordvoerder vir die sentrum gemoeid met onder meer die verkryging en verskaf ng van
       menslike weefsel vir inplanting en oorplanting aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT), het gesê

       die organisasie is dankbaar vir die bewusmaking wat Nefdt wil skep. “Suid-Afrikaners besef steeds nie dat
       enige iemand van enige ouderdom ʼn weefselskenker kan wees nie. Daar is soveel weefsel wat geskenk kan
       word: hartkleppe, been, vel en korneas is maar net ʼn klein voorbeeld van wat gebruik kan word,” het Purkis
       gesê.
   1   2   3   4   5   6   7   8   9   10   11